Walvisbaai-inwoners dreig RedForce met kriminele klagte

Inwoners van Walvisbaai het ‘n derde petisie aan die munisipaliteit oorhandig om te eis dat RedForce as skuldinvorderaar verwyder word. Hulle het ook ‘n petisie aan RedForce oorhandig en sê die ontkoppeling van inwoners se watertoevoer is onwettig. Die inwoners dreig om kriminele klagte teen die maatskappy aanhangig te maak as dit voortgaan. Walvisbaai burgemeester Trevino Forbes en drie raadslede het die petisie ontvang, maar Forbes sê die saak is nog voor die howe.