Walvisbaai hou groot makietie vir Wêreld Oseane-dag

Die Verenigde Nasies herdenk Wêreld Oseane-dag op 8 Junie. Walvisbaai gaan die dag oor die naweek van 10 Junie herdenk en groot makietie hou. Professionele sjefs gaan seekos-demonstrasies hou en Namibiërs kan aan ‘n visbraai en potjiekoskompetisie deelneem. Daar sal ’n wynproe en musiek wees en vir die sport-entoesiaste ‘n sokker- en basketbaltoernooi. Vir die kleinspan is daar gesigverf en springkastele. Walvisbaai-munisipaliteit se skakelbeampte Anita Kahiva gesels met Kosmos 94.1 Nuus.