Walvisbaai-hawe het toename in vrag-uitvoere

Volgens die Namibiese Hawens-owerheid, Namport, is daar ‘n toename in die volumes grootmaat-vrag vir uitvoere by die Walvisbaai-hawe. Daarom versoek Namport dat voorstelle ingedien word vir die huur van eiendom om ‘n veeldoelige grootmaat vrag-terminaal in die hawe van Walvisbaai op medium tot lang termyn te ontwikkel en te bedryf. Daar sal van die huurder vereis word om ‘n waterbestande pakhuis op te rig vir die berging en hantering van grootmaat vrag-kommoditeite. Die sperdatum vir die indien van voorstelle is 27 Februarie voor 12-uur die middag. Namport se uitvoerende hoof van kommersiële dienste, Elias Mwenyo, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.