Walvis se Plaas 39 kry petroleumgas-bergingsfasiliteit

Erongo Liquid Petroleum Gas, ELPG, gaan ‘n 6 000-ton vloeibare petroleumgas-bergingsfasiliteit op Walvisbaai oprig. Die terminaal op Plaas 39 sal die Namibiese mark voorsien en ook buurlande insluitend Botswana, Zimbabwe en dele van die Noord-Kaap. Die fasiliteit sal in fases ontwikkel word, met die eerste fase wat ‘n bergingskapasiteit van 10 500 kubieke meter sal hê. Erongo-goewerneur Neville Andre het by die sooispit-seremonie gepraat en gee meer inligting.