Walvis-roof: Geen leidrade nie

Die Erongo polisie ondervra tans twee individue in verband met ‘n rooftog wat vroeër by die Walvisbaai Beafcor-aanleg plaasgevind het. Daar word berig dat vier verdagtes na bewering die bestuurder met ‘n vuurwapen aangehou en weggekom het met kontant en items ter waarde van 107 000 Namibiese dollar met die kontant bedrag 89 000 dollar. Die hek by die fabriek is oopgesluit is sodat twee klante kon vertrek, en dit was toe wat die verdagtes die perseel betree het. Hulle het weggekom in ‘n Honda voertuig en die nommerplaat is bekend. Tot dusver sê die polisie hy het geen leidrade nie.