Walvis-ongeluk: Nampol soek hulp om Audi-bestuurder te identifiseer

Die Erongo-polisie vra die publiek se hulp om die bestuurder van ‘n ongeïdentifiseerde Audi te identifiseer. Die Audi het blykbaar in die vroeë oggendure net buite Walvisbaai ‘n Polo probeer verbysteek maar, moes vinnig terugdraai in sy baan met ‘n aankomende afleweringsvoertuig. In die proses het hy die Polo getref wat op sy beurt verskeie kere omgeslaan het. Die Audi het toe die afleweringsvoertuig van voor getref. Albei voertuie het aan die brand geslaan. Een van die vyf insittendes in die Polo is oorlede met die ander ernstig beseer. Die drie passasiers in die afleweringsvoertuig is ook ernstig beseer. Die ongeïdentifiseerde bestuurder van die Audi was die engiste insittende in die voertuig en is op slag dood.