Walvis laerskool onderwyser verskyn Maandag op 2 verkragting klagtes

‘n Onderwyser by ‘n laerskool op Walvisbaai sal Maandag in die hof verskyn op klagte van die verkragting van twee leerders, 14 en 16 jaar oud. Die mag sê die 33-jarige man het in die eerste semester van verlede jaar die eerste slagoffer in ‘n stoorkamer by die skool verkrag en die tweede een in die eerste semester van vanjaar, ook in die stoorkamer. Dit is die tweede onderwyser wat vir verkragting aangekla word met ‘n Rundu-onderwyser wat Maandag in die hof verskyn het en weer in November sal voorkom.