Walvis-hospitaal ontvang mobiele intensiewe sorg-eenheid
Die Amerikaanse ambassade in Namibië het ‘n mobiele intensiewe sorg-eenheid by die Walvisbaai-staatshospitaal aan die gesondheid-ministerie oorhandig. Die eenheid van 20 miljoen Namibiese dollar is befonds deur die Amerikaanse departement van verdediging se oorsese humanitêre ramp- en burgerhulpprogram. ‘n Span Namibiese dokters en verpleegsters is opgelei in alle aspekte van die stelsel. Die skenking is deel van ‘n mediese infrastruktuur skenkingspakket van meer as 130 miljoen Namibiese dollar, wat oor vier streke versprei sal word. Die waarnemende Amerikaanse sending-adjunkhoof, Tiffany Miller, gee meer inligting.