Walus-parool is ANC se skuld

Die metaalwerkers-vakbond, Numsa, blameer die ANC vir die Konstitusionele Hof se uitspraak oor Janusz Walus se parool-vrylating. Numsa se nasionale woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die ANC, Cosatu en die SAKP se opmars verlede week na die Konstitusionele Hof was skynheilig en opportunisties. Sy sê baie mense voel verraai en die ANC se weiering om die land se regbank en ekonomie te transformeer moet die blaam dra: