Wallis uit wêreld top-10 na Wallabies-loesing

Rugby: Wallis sak môre terug na 11de op die wêreldranglys – die eerste keer ooit dat hulle uit die top tien sal wees. Dit volg nadat hulle 25-16 verloor het teen Australië in die eerste toets in Sydney, wat hulle agtste agtereenvolgende loesing was. Die Wallabies het alles in die stryd gewerp vir ‘n oorwinning na hulle rampspoedige era onder Eddie Jones, en het hulle nuwe afrigter, Joe Schmidt, beloon met ‘n oorwinning. Vroeër het die All Blacks gevoel hoe lekker dit is om met ‘n enkele punt te wen toe hulle Engeland in die eerste toets in Dunedin 16-15 ondergekry het.