Walliese rugby wil need raad opstel vir billikheid

Die Walliese rugby-unie stel ‘n nuwe raad voor waarop minstens vyf vroue dien. Dit is in reaksie op bewerings van seksisme en vrouehaat in die organisasie. Catherine Read is tans die enigste vrou op die raad van 12 lede. Die voorstelle, wat die aanstelling van ‘n onafhanklike voorsitter insluit, sal op die 26ste van volgende maand op ‘n buitengewone algemene vergadering oorweeg word. Die unie het reeds aangekondig dat ‘n eksterne taakmag aangestel sal word om die organisasie se kultuur te ondersoek.