Walliese rugby beheerliggaam beloof verandering

Die voorsitter van die Walliese Rugbyunie, Richard Collier-Keywood, het beloof die beheerliggaam sal volgende jaar ʼn omvattende strategie instel. Dit volg nadat ʼn onafhanklike ondersoek bevind het sekere aspekte van die unie se kultuur is seksisties, rassisties, homofobies, haat vroue en word nie behoorlik hanteer nie. Die verslag het ook bevind daar is elemente van afknouery en diskriminasie in die unie. Collier-Keywood het aan die BBC gesê hulle moet openlik wees oor wat voortaan aanvaarbaar is in die organisasie: