Wallabies se Schmidt vat die een wedstryd op ‘n slag

Die Australiese afrigter Joe Schmidt sê hulle gaan nie gerus raak na hul tweede oorwinning op hul Europese toer nie. Australië het Wallis Sondag met 52-20 afgeransel nadat hulle Engeland die vorige naweek verslaan het en volgende teen Skotland en Ierland kragte meet. Schmidt sê die Wallabies se 1984-sege oor al vier Britse spanne is te lank gelede om te oorweeg. Hy verwag ʼn taai stryd teen Skotland met wie hy gereeld te doen gekry het as Ierland se afrigter. Hy voeg by hy dink nog nie eens aan die wedstryd teen Ierland nie.