Wallabies-kaptein vra sterk begin om die All Blacks te klop

Rugby: Die kaptein van die Wallabies, Harry Wilson, glo hulle kan die All Blacks klop in môre se Rugbykampioenskapstoets in Wellington. Australië het verlede week in Sydney met ʼn agterstand van 21-nul teruggeveg en met 31-28 verloor, wat hulle laat moed skep om môre ʼn reeks van agt agtereenvolgende nederlae teen hulle bure te beëindig. Volgens Wilson moet hulle beter begin nadat die Kiwi’s binne die eerste 20-minute drie verdoelde drieë aangeteken het. Nieu-Seeland kan steeds tweede eindig indien Suid-Afrika Argentinië môre klop, maar Australië sal laaste eindig.