Wallabies glo hulle kan kampioenskap wen

Die Wallabies glo hulle kan steeds tweede in die Rugbykampioenskap eindig ten spyte van die twee nederlae in hulle eerste twee wedstryde teen die Springbokke. Australië speel vanaand teen Argentinië in Santa Fe nadat hulle die Pumas verlede naweek met ʼn enkele punt in La Plata geklop het. Hierna speel hulle twee keer teen die All Blacks. Suid-Afrika is tans boaan die punteleer met 14 punte, gevolg deur Nieu-Seeland met ses, Argentinië met vyf en Australië met vier.