Wallabies-afrigter maak vyf veranderings vir Pumas-toets
Rugby: Die afrigter van die Wallabies, Joe Schmidt, het verskeie veranderings aan sy span aangebring vir die toets teen die Pumas in La Plata. Daar is drie veranderings onder die voorspelers en twee onder die agterspelers aan die span wat twee weke gelede teen die Springbokke in Perth verloor het. Harry Wilson sal Australie se 90ste kaptein word en neem die leisels oor by Allan Ala-alatoa, wat op die bank begin. Die tweemalige wêreldkampioene is onder druk en is onderaan die punteleer. Afskoptyd is om middernag, Suid-Afrikaanse tyd.