Walaza wen naelloop-dubbel by Wêreld Onder-20 Kampioenskappe

Atletiek: Die Suid-Afrikaanse naelloopsensasie Bayanda Walaza het die mans 200-meter ingepalm, nadat hy vroeër die week ook die 100-meter gewen het by die Onder-20 Wêreldkampioenskap in Peru. Walaza het eenvoudig uit die blokke gebars en ‘n tyd aangeteken van 20,52-sekondes. Walaza was deel van Suid-Afrika se silwermedalje vier-maal-100-meter aflosspan by die Olimpiese Spele in Parys. In nog ‘n stervertoning gister het Suid-Afrika se Udeme Okon die mans 400-meter gewen in ‘n tyd van 45,69-sekondes.