Wakker afdiens polisieman fnuik roof van toeris

Die Erongo-polisie sê twee mans, 38 en 33 jaar oud is agter tralies na hulle ingebreek het by die 25-jarige Duitse toeris se voertuig by die ruskamp op Uis. Die voorval het in die vroeë oggendure plaasgevind. ‘n Afdiens polisiebeampte op die dorp het die motor se alarm hoor afgaan en gereageer. Hy het drie mans sien hardloop en ‘n waarskuwingskoot afgevuur. Die drie het die goedere, kameras en meer, met ‘n waarde van amper 165 000 Namibiese dollar laat val. Hulle is agtervolg en die twee is gearresteer. Een is nog op vrye voet.