Wagter is baie slimmer as wat jy dink, geletterd ook

Wagter is dalk baie meer geletterd as wat jy dink. Die jongste navorsing toon honde kan verstaan dat sommige woorde na voorwerpe verwys op ‘n manier wat soortgelyk is aan mense. Die studie, wat breinaktiwiteit by 18 honde ontleed het, het bewys gelewer dat hulle ‘n geheue van ‘n voorwerp kan aktiveer wanneer hulle die naam daarvan hoor. Die studie is by die Eotvos Lorand-universiteit in Boedapest uitgevoer en in die vaktydskrif Current Biology gepubliseer. Een van die navorsers sê die studie bewys dat honde woorde verwysend kan verstaan.