Wagte moenie by onwettige stakings betrokke raak nie

Die aktivis Michael Amushelelo het kennis gegee dat hy op 9 April weer ‘n nasionale staking vir veiligheidswagte wil reël. Die Namibië Veiligheidsarbeidsforum, wat die kollektiewe belange van die sekuriteitsbedryf verteenwoordig, het egter vroeër aangekondig dat hy hom distansieer van werkgewers en werknemer-verteenwoordigers wat nie by die arbeidsministerie geregistreer is en erken word nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Celeste Mhunduru, die nasionale administrateur van die Veiligheidsvereniging van Namibië, wat werknemers aanraai om nie aan onwettige stakings deel te neem nie.