Wagner-groep het ammunisie gekry by Bakhmut

Die hoof van Rusland se Wagner-groep sê Moskou het ingestem tot sy eise vir nog ammunisie terwyl sy magte die stryd in die Oekraïnse stad Bakhmut voortsit. Dit volg net enkele dae nadat Yevgeny Prigozhin planne aangekondig het om aan die stad te onttrek omdat die groep volgens hom onnodige en ongeregverdigde verliese ly. Russiese magte voer reeds maande lank ‘n stryd in Bakhmut wat die gebied verwoes het en duisende mense gedwing het om hulle huise te verlaat. Prigozhin beweer hulle het al 95 persent van die stad ingeneem.