Wagner-baas is boos, onttrek sy troepe uit Bakhmut op 10 Mei

Die leier van Rusland se Wagner-groep sê hy sal sy troepe Dinsdag uit die Oekraïense stad Bakhmut onttrek weens ammunisietekorte. Yevgeny Prigozhin het ‘n video geplaas met hom wat tussen sy dooie vegters se liggame loop en top Russiese verdedigingsamptenare blameer. Hy sê tienduisende is dood en beseer. Prigozhin blameer die Russiese ministerie van verdediging en sê sy soldate het gesterf sodat die Russiese leiers hulself dik kan eet in hul luukse kantore.