Wag net, studente, jul uitslae is op pad: Unam

Die Universiteit van Namibië het hul bedrywighede vir die jaar afgesluit en is geskeduleer om op 8 Januarie volgende jaar te heropen vir die registrasie van senior studente. Studente word gerusgestel dat die universiteit besig is om aan hul finale akademiese resultate vir die jaar te werk en word versoek om geduldig te wees. Kosmos 94.1 Nuus het met Simon Namesho, Unam se woordvoerder, gepraat wat meer inligting verskaf.