Waarskuwing oor stralerbrandstof-tekort in SA

Die lugvaartbedryf waarsku oor ʼn ernstige verskaffingstekort van stralerbrandstof weens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se regulatoriese vertragings om bergingsgeriewe te lisensieer. Na die sluiting van raffinaderye in KwaZulu-Natal gaan tydelike lisensiereëlings vir lugvaartkeroseen binnekort verval. Indien dit nie verleng word nie kan die OR Tambo- en die Koning Shaka Internasionale Lughawe die gevaar loop van beduidende brandstoftekorte. Die Brandstofbedryfvereniging versoek die minister van Finansies om in te gryp en tydelike lisensies vir minstens 12-maande uit te reik.