Waarskuwing dat verkragters hul slagoffers voorberei

Die voormalige kinder-advokaat in die ombudsman se kantoor maan ouers dat kinders gewoonlik verkrag word deur iemand bekend aan hulle. Sy het haar reaksie gegee op twee mans wat vandag in die landdroshowe van Karibib en Tsumeb verskyn nadat hulle na bewering laerskoolmeisies verkrag het. In ‘n ander voorval is ‘n 13-jarige meisie van die Shighuru-nedersetting in Kavango-Oos swanger nadat sy glo in Desember verkrag is. Die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie en die polisie-ondersoek duur voort. Kosmos 94.1 Nuus het met advokaat Ingrid Husselmann gepraat wat verkragters se proses van seksuele voorbereiding van slagoffers verduidelik.