Waar’s die wetsontwerp op Huurbeheer?

Die justisie-minister, Yvonne Dausab, het vandeesweek aangekondig dat 15 wetsontwerpe in 2024/2025 in die parlement ter tafel gelê sal word. Onder hulle is die wetsontwerpe vir elektrisiteit, paaie, grond, voertuigmassa, nasionale billike ekonomiese bemagtiging, streekskiesafdeling en gesondheidsberoepe. Kosmos 94.1 Nuus het met George Kambala, ‘n Affirmative Repositioning-aktivis, gepraat wat sê dit is kommerwekkend dat die Huurbeheer-wetsontwerp nie op die lys is nie. Hierdie wetsontwerp poog om huurgelde in Namibië te reguleer en Kambala sê dit bewys ‘n gebrek aan dringendheid om te verseker dat almal ‘n dak oor hul kop kan hê teen ‘n billike prys.