Waar’s die stappe teen die wat in staatskaping genoem is?
Hoofregter Raymond Zondo sê hy is teleurgesteld oor die gebrek aan optrede teen kabinetslede, oor wie daar aanbevelings gemaak is in die staatskapingsverslag. Hulle sluit in die minister van Minerale Bronne en Energie, Gwede Mantashe, die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, en die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa. Zondo sê die gebrek aan optrede stuur ‘n baie verkeerde boodskap aan die publiek: