Waar’s die R5,2 miljard wat verlore gegaan het – VF+

Die Vryheidsfront Plus sê die ouditeur-generaal se verslag wat verlede week in die Parlement ter tafel gelê is, skets ʼn somber prentjie van die finansiële bestuur in veral ANC-beheerde munisipaliteite. Die verslag het onthul min vordering is gemaak om die 5,2 miljard Suid-Afrikaanse rand terug te kry wat in die 2021/2022-boekjaar verlore gegaan het. Michal Groenewald van die VF Plus sê dis ondermeer as gevolg van wanbestuur en korrupsie by 170 munisipaliteite: