Waar’s die privaatsektor-beleggings, vra ekonoom

Olie- en gaseksplorasie floreer in die land, wat lei tot hoë beleggings in die bedryf. Volgens die ekonoom Robin Sherbourne, skrywer van “Guide to the Namibian Economy”, is daar egter sedert 2016 ‘n daling in private beleggings buite hierdie sektore. Hy sê privaat sektor-beleggings bly onder 10 persent van die BBP. Sherbourne het gepraat tydens ‘n aanbieding in die hoofstad getiteld “Status van die Namibiese Ekonomie”.