Waar’s die burgemeester se ketting?

Die DA in Gauteng vra dat ondersoek ingestel word na die vermiste ketting van die Sedibeng-munisipaliteit se burgemeester, Lerato Maloka. Volgens ʼn beëdigde verklaring wat die party onder oë gehad het, het die ketting met ʼn waarde van 465 000 Suid-Afrikaanse rand, na die distriksrede in Junie verlede jaar geheimsinnig verdwyn. Kingsol Chabalala van die DA sê dis vreemd dat ʼn diefstalsaak eers in November aanhangig gemaak is: