Waarom nie minimumloon nou nie, will NEFF weet
Die kabinet se besluit om ‘n nasionale minimumloon van 18 Namibiese dollar per uur op 1 Januarie volgende jaar in werking te stel, het in die Nasionale Vergadering opgekom. Die NEFF parlementslid Longinus Iipumbu het aan arbeidsminister Uutoni Nujoma ‘n vraag gestel wat op 13 Junie beantwoord moet word. Iipumbu vra waarom die verhoging eers volgende jaar in werking tree. Nujoma het in November verlede jaar gesê dit sal in die eerste kwartaal vanjaar geïmplementeer word.