Waardeer die lewe van ontslape president: Theofelus

Die Nasionale Vergadering is vanmiddag deur president Nangolo Mbumba geopen, diep in die nagedagtenis aan die ontslape president Hage Geingob. Vele parlementslede het hulle medelye betoon met die Geingob-gesin. Die adjunk-minister van informasie, Emma Theofelus, het in ‘n boodskap aan die Namibiese publiek gemaan om die lewe van die president te waardeer omdat hy letterlik sy lewe gewy het aan die land en inwoners.