Waar sal Zanu-PF die geld vir voedselhulp kry?

Vanjaar se verwoestende droogte het in Zimbabwe gelei tot wydverspreide misoeste, wat meer as die helfte van die bevolking dwing om staat te maak op voedselhulp, volgens die Zimbabwe Livelihoods Assessment Committee. Humanitêre organisasies soek egter fondse om bystand te lewer aan sowat 6 miljoen mense in landelike gebiede en 1,7 miljoen in stedelike gebiede wat nie genoeg kos het nie. Setfree Mafukidze, ‘n Zimbabwiese aktivis, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor waar die regering voedselhulp sal kry om burgers te help.

Mafukidze sê die regering het baie geld vir luukshede, maar soek hulp van ander lande om sy mense by te staan.