Waar is die LPM se waardigheid? Verklarings is kru en vulgêr…
Die bedanking van Henny Seibeb van die LPM-party is steeds in die nuus. Die partyleier Bernadus Swartbooi se aanmerkings daaroor het kru en beledigende woorde benut en het volgens kenners geen waardigheid gehad nie. Om die stand van sake te vererger, het die party vanoggend ‘n verklaring uitgereik wat op tye vulgêr geraak het. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese politieke kommentator dr. Henning Melber, ‘n navorsingsdirekteur by die Scandinavian Nordic Africa Institute gepraat. Hy sê Seibeb se bedanking was nie ‘n verrassing nie maar…
Melber sê die impak van die gedrag sal einde November bekend wees.