Waar is burgerlike samelewing by kernkragberaad?

Die Omgewingsinstituut van die Suid-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe sê die oorgang na hernubare energie is die mees etiese en volhoubare pad vorentoe. Die Instituut asook Green Connection is teleurgesteld oor die uitsluiting van die openbare en burgerlike gemeenskap van die regering se kernkragberaad. Francesca Gasparis van die instituut sê die uitsluiting van die burgerlike gemeenskap by hierdie seminaar, laat vrae ontstaan oor wie baat by hierdie besprekings.