Vyfrandkamp bars uit sy nate, groei daagliks
Inwoners van Vyfrandkamp sukkel met toegang tot water. Die informele nedersetting net suidwes van Okahandja groei by die dag en die dorpsraad sê hy kan nie by bly nie. Daar is ook onwettige grondbesetting. Die inwoners sê aan plaaslike nuusagentskappe dat hulle enigste waterbron is die afvalwater van NamWater se pypleiding wat in die rivierbedding langs die nedersetting vloei. Of dit veilig is weet hulle nie, maar dis wel betroubaar. Vyfrandkamp het ‘n beperkte hoeveelheid gemeenskaplike waterpunte in die uitgestrekte informele gebied maar, die meerderheid inwoners is werkloos en kan in elk geval nie daarvoor betaal nie. Die Okahandja kiesafdelingsraadslid, Bathuel Tjaveondja, sê dat grondbesetting die plaaslike owerheid onder geweldige druk geplaas het om die voorsiening van basiese munisipale dienste te verseker.