Vyfmylpoort na Vioolsdrif op N7 steeds toe

Vyf mense is in die Namakwaland-streek as vermis aangemeld ná hewige oorstromings in die Noord-Kaap. Onder die vermistes is een persoon wat ‘n trekker bestuur het. Die vloede het aansienlike skade aan padinfrastruktuur aangerig, wat gelei het tot die sluiting van die N7- en N8-hoofweë. Die burgemeester van die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit, Gustav Bock, sê die oorstromings het inwoners afgesny van noodsaaklike gesondheidsorgdienste en voedselvoorrade. Bock het bevestig dat reddingspanne gemobiliseer is.