Vyfde VN-vredesmaglid in Libanon gewond
Die VN-tussentydse mag in Libanon, UNIFIL, sê ‘n vyfde Verenigde Nasies-vredesmaglid is gister in Naqoura, Libanon, in geweervuur gewond. Die oorsprong van die aanval is nie bekend nie en die vredesmaglid is bestendig na ‘n operasie. Dit volg nadat wêreldleiers aanvalle op UNIFIL-personeel deur Israelse magte in die suide van Libanon veroordeel het, na die tweede voorval binne twee dae. Die Israelse weermag het Vrydag gesê sy troepe was verantwoordelik vir ‘n voorval waarin twee soldate van Sri Lanka vir UNIFIL gewond is.