Vyfde (en laaste?) Indiana Jones by Cannes vanjaar bekend gestel

Indiana Jones and the Dial of Destiny is bevestig vir die 2023 Cannes Filmfees. Die rolprent sal sy wêreldpremière op 18 Mei vanjaar hê. Harrison Ford is weer die ster en hy word in Julie vanjaar 81. Indiana Jones and the Dial of Destiny is die vyfde en blykbaar die laaste Indiana-roplrent. Dit volg op, op die 2008 The Kingdom of the Crystal Skull. Dit het alles begin met Raiders of the Lost Ark in 1981, opgevolg deur die Temple of Doom in 1984 en The Last Crusade in 1989.