Vyf wat aangekla word van Sondagnag se gru-moord, bly agter tralies

Die vyf mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die Windhoekse inwoner Patrick Hamupanda wreed vermoor het, is borgtog in die Katutura-landdroshof geweier. Die beskuldigdes, Lukas Simon, Festus Nehemia, Lukas en Kleipas Amutenya en Felix Imusi is Dinsdag in hegtenis geneem ná ‘n intensiewe soektog deur die Namibiese polisie. Nóg ‘n verdagte, Wilhelm Modesutus, is steeds op vlug. Die verdagtes het voor landdros Johannes Shuuveni verskyn, wat hulle borgtog geweier het weens die erns van die misdaad en openbare belang. Die beskuldigdes is van moord aangekla en hul saak is tot 28 September uitgestel sodat hulle regsverteenwoordiging kan verkry.