Vyf vas oor Matthew Perry se dood
Vyf mense is gearresteer en aangekla oor die dood van die Friends-akteur Matthew Perry, insluitend sy persoonlike assistent en twee dokters. ‘n Belangrike dwelmbron, bekend as “die Ketamienkoningin”, tel onder die aangeklaagdes. Die dokters het Perry, wat in Oktober 2023 by sy huis in Los Angeles gesterf het, van ‘n groot hoeveelheid ketamien voorsien, volgens die prokureur Martin Estrada. Hy sê hulle “het voordeel getrek uit Perry se verslawingskwessies om hulself te verryk”, en het hom sowat 36 000 Namibiese dollar gevra vir ‘n hoeveelheid wat eintlik net meer as 200 dollar kos. Die 54-jarige Perry het dikwels sy probleme met verslawing in die openbaar bespreek.