Vyf SA spanne in Europese rugby-aksie

Rugby: Vyf Suid-Afrikaanse spanne neem hierdie naweek deel aan Europese kompetisies. In Italië sal die Cheetahs en Zebre Parma sake in die Uitdaagbeker uitspook, terwyl die Haaie gasheer speel vir Section Paloise. Die Leeus sal Perpignan in Frankryk takel. Die topspanne ding mee in die Kampioenebeker met die Bulle wat die Engelse reuse, Saracens, op Loftus Versveld verwelkom terwyl die Stormers teen die Leicester Tigers uitdraf. Courtnall Skosan, wat hierdie seisoen die Northampton Saints verlaat en by die Stormers aangesluit het, sê hulle sien uit na die uitdaging.