Vyf Omusati-skole sluit, te min kinders

Die waarnemende streeksdirekteur vir onderwys, Hilma George-Nuunyango, sê hulle het vyf skole in die Oshana-streek gesluit weens lae leerdergetalle. Die sluitings het oor die afgelope 12 jaar plaasgevind. Sy sê die leerders is na nabygeleë skole verskuif. Twee van die skole staan op die oomblik in onbruik maar, die ander word benut met die gesondheidsministerie wat een as uitreiksentrum benut terwyl die ander twee gebruik word vir die ministerie se volwasse onderwysprogram.