Vyf kameelperde op pad na Okongo-bewarea

Die omgewing-ministerie gaan vyf kameelperde vanaf die Waterberg Plato-park naby Otjiwarongo na die Okongo-bewarea en gemeenskapswoud in die Ohangwena-streek verplaas. Dit vorm deel van die regring se deurlopende pogings om kameelperde weer te vestig in gebiede waar hulle eens volop was. Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, gee meer inligting.