Vyf jaar van Fishrot, menseregte-impak duur voort
Die vyfde herdenking van die Fishrot-skandaal kom nader met die hoofverdagtes wat op 27 November 2019, op verkiesingsdag gearresteer is. In aanleiding van die herdenking het die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sy tweede menseregte-impak verslag bekend gestel. Die ondersoek kyk na die breeër impak van die skandaal, onder andere, die werksverliese onder vissermanne. Daniel Nailonga was een van hulle…
Die instituut se direkteur Graham Hopwood sê die hoofstrategie met die ondersoeke is om internasionaal druk op die Yslandse vismaatskappy wat betrek word, Samherji, te plaas.