Vyf hospitale in Limpopo gesluit weens protes

Die departement van gesondheid in Limpopo sê vyf hospitale en ‘n aantal primêre gesondheidsorg-geriewe in die Vhembe-distrik staar ernstige watertekorte in die gesig weens gemeenskapsprotes-aksies in die Thumalela plaaslike munisipaliteit. Die oproerige gemeenskappe het na bewering water-infrastruktuur vernietig. Die woordvoerder van die departement, Neil Shikwambana, sê die Nandoni-dam, wat die hoofwaterbron in die gebied is, is sedert Maandag gesluit.