Vyf dagga beslagleggings die naweek

Uitdagings met dwelms duur voort. In sy weeklikse misdaadverslag sê die Namibiese polisie daar is vyf gevalle, waarvan drie in Mondesa was, een in Okombahe en een in Katutura. Bedrae wissel van net meer as 46 000 Namibiese dollar tot 13 750 dollar en in al die gevalle is dagga gekonfiskeer met twee gevalle waar daar ook Mandrax gevind is. Ondersoeke duur voort en die verdagtes sal in die hof in hulle verskeie dorpe verskyn.