VW sluit drie aanlegte in Europa, duisende geraak

Die Duitse motorvervaardiger, Volkswagen, het aangekondig hy is van plan om duisende personeellede af te lê, ten minste drie fabrieke in die land te sluit en die oorblywende aanlegte te verklein om koste te besnoei en sy sakemodel op te knap. Europa se grootste motorvervaardiger het nie gesê watter aanlegte geraak sal word of hoeveel van die sowat 300 000 personeellede hul werk sal verloor nie. Reuters berig Volkswagen se bestuur verkeer onder geweldige druk weens hoë energie- en arbeidskoste, strawwe mededinging van Asiatiese lande, ‘n swakker aanvraag in Europa en China, en ‘n stadiger oorgang na elektriese motors.