Vuurwapens, ammunisie in die kollig
Die premier van KwaZulu-Natal, Nomusa Dube-Ncube, doen ‘n beroep op die regering om die regulasies oor die besit van vuurwapens en ammunisie in Suid-Afrika te verskerp. Dube-Ncube het gepraat tydens die bekendstelling van die feestyd-geïntegreerde veiligheidsplan in Mpumalanga Township. Sy sê die justisie-, misdaadvoorkoming- en sekerheids-groepe het ‘n konsepsakeplan ontwikkel met kort- en medium- tot langtermyn-ingrypings.