Vure in Kaapse Wynlande woed steeds buite beheer
Die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit sê hy gaan voort om uitdagende veldbrande te bestry terwyl temperature bo 38 grade styg. Pogings het vordering op sommige brandlyne meegebring, terwyl ander, aangevuur deur droë plantegroei en ongelyke terrein, nog buite beheer woed. ‘n Nuwe brand is in die berge bokant Bonnievale aangemeld, wat vinnige ontplooiing van hulpbronne tot gevolg gehad het. Die munisipaliteit se woordvoerder, Jo-Anne Otto, sê die Kluitjieskraalbrand in Wolseley woed reeds tien dae.